26 Julie 2024

Psalm 26

“Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o Here,”
‭‭PSALMS‬ ‭26‬:‭6‬ ‭AFR53‬‬

Miskien het Pilatus die Romeinse goeweneur ook die Psalm gelees toe hy sy hande in onskuld probeer was het en dalk het hy na die fariseërs probeer wys as bloeddorstige sondaars soos die psalm onregverdiges beskryf.

Dawid beskryf hier hoe iemand met ñ opregte hart lyk teenoor iemand wat slinks is en maak asof hulle reg is.

Here, ons wil saam met Dawid in ootmoed kom sê:
Kom ondersoek ons harte en niere.
Ons wil U alleen dien, ons wil opreg U volg!

Archive

 2024