01 Augustus 2024

Psalm 30

Dawid skryf hierdie mooi Psalm wat gesing moes word as die Tempel ingewy sou word: onthou Salomo het dit dan saam met die volk gesing, want Dawid het nooit die inwyding van die Tempel beleef nie.

Die Psalm gaan ook soos baie ander van Dawid s'n oor die getroue liefde van die Here wat ons red ten spyte van slegte omstandighede.
Daarom verruil ons rouklere vir feesklere!
Ons staan uit elke “nag” weer op as gelowiges met die hoop en vreugde in die nuwe dag!

“Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek. Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!”
‭‭PSALMS‬ ‭30‬:‭12‬-‭13‬ ‭AFR83‬‬

Dankie, Here vir ñ nuwe dag en ñ nuwe begin om U te kan loof in!
U is ons Troue Liefde!

Archive