02 Augustus 2024

Lukas 10:17-24

Net soos die 72 getuies wat terug gekom het en vertel het van wonders en die mag wat hulle ervaar het, is ons ook opgewonde oor die outoriteit wat die Here ons gee.
Maar, soos hierdie dissipels moet ons Jesus se aanmoediging hoor:
ñ Groter vreugde is ons ewige lewe, die groter prentjie!

“Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.”
‭‭LUKAS‬ ‭10‬:‭19‬ ‭AFR83‬‬

Here, dankie dat ons nederig deel van U span kan wees wat U goeie nuus uitdra.
U is ons Vader

Archive