05 Augustus 2024

Lukas 10:25-37

Die barmhartige Samaritaan kon help, want anders as die priester en leviet, het hy tyd gemaak vir die verwonde langs die pad.
Hy het kapasiteit in sy hart gehad om die persoon jammer te kry.
Daarom kon hy deel met wat hy by hom gehad het: olie en wyn.
Hy kon selfs sy geld met die man in nood deel. En selfs sy verhouding met die eienaar van die herberg was sterk genoeg om kreditwaardigheid te skep sodat hy nog ekstra vir die verwonde kon sorg en later die rekening betaal.
Ons behoort ook ekstra tyd en kapasiteit, goed en geld, en selfs ons verhoudings so te gebruik om ander te help.

Here, mag ons leef soos wat hierdie Samaritaan geleef het: in oorvloedige barmhartigheid!

U is n barmhartige God!!

Archive