07 Augustus 2024

Woensdag 7 Aug

Psalm 34

Dawid beleef hoe die Here hom beskerm teen koning Abimeleg (1 Sam 21).
Vandag bemoedig dit ons om te onthou dat die Here ń laer trek om die wat vir Hom ontsag het. Hy red die regverdiges uit al hulle benoudhede.

Psalms 34:8, 18
Die Engel van die Here trek 'n laer rondom hulle wat vir die Here ontsag het en Hy red hulle.
Regverdiges roep om hulp en die Here luister, uit al hulle benoudhede red Hy hulle.

Here, U is ons Bannier van Beskerming!
 Ons roep tot U en U red ons uit al ons benoudhede. Ons vind skuiling in U skaduwee.
U is ons ondeurdringbare Skild!


Archive