11 Augustus 2024

Lukas 11:1-13

Die dissipels vra Jesus om hulle te leer bid! Hulle sien Hom getrou en gereeld bid.

Dan verduidelik Hy deur die “Onse Vader”, wat om te bid maar Hy leer hulle ook HOE om te bid!
Sonder ophou soos n vriend wat dringend iets nodig het!

Ons moet bly vra ook met Geloof!
Ons goeie Vader wil vir ons vêr meer gee as waneer ons ons aardse pas opreg vra.

Die Here wys ons ook dat om vir die Heilige Gees as geskenk te bid, wys is!

“En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.”
‭‭LUKAS‬ ‭11‬:‭9‬ ‭AFR53‬‬

Here, dankie dat ons bidders mag wees wat U bly soek vir antwoorde!!
U is die Goeie Vader!

Archive