13 Augustus 2024

Psalm 38

Dawid se berou voel hy aan sy lyf!
Hy besef hy is nie perfek nie maar, kom in absolute gebrokenheid voor die Here oor sy sonde.
Tog vra hy die Here om hom te spaar van sy vyande, sy kritiesie en almal wat hom wil sien val!
Hy pleit die Here soos ons om genade en verlossing!
Die genade is dat die Here ons verlossing is en nie ons sonde se skuld aan ons toereken nie!!!

Here soos Dawid hoor asb ook ons harte voor U!!
“HERE, al my begeerte is voor U; en my gekerm is vir jou nie verborge nie.”
‭‭Psalms‬ Psalm 38:‭9‬ ‭CAB23‬‬

U is Verlossing!

Archive