14 Augustus 2024

Lukas 11:14-32

Jesus dryf duiwels uit!
Daar was nie in die Ou Testamentiese tye ñ manier om demonies besete mense te help nie, tot Christus ons kom wys het dat ons in die Naam van Jesus outoriteit het selfs oor die demoniese magte.
Die Heilige Gees in ons help, ons om die gees wêreld om ons te oorwin.
Afhanklikheid en gehoorsaamheid aan die Here gee ons die geleentheid om met outoriteit te kan bid.
Onthou dit bly Sy genade deur Sy bloed!

“En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.”
‭‭LUKAS‬ ‭11‬:‭28‬ ‭AFR53‬‬

Here, dankie dat ons nie op tekens hoef te wag en vertrou nie!
Die teken van U Goddelike outoriteit was U opstaan uit die dood na 3 dae: die teken van Jona!
U is die Opstanding en Lewe!

Archive