16 Augustus 2024

Psalm 40

Die Here red ons!!
Hy help!
Hoor wat sê Dawid:
“Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.”
‭‭PSALMS‬ ‭40‬:‭2‬ ‭AFR83‬‬
 Die Here help ons ten spyte van ons te kort kominge!!!

Dawid besef hier die Here help en Hy soek dan nie offers as dank nie, maar gehoorsaamheid!!

Ek besef saam met Dawid dat al help die Here, is daar nog uitdagings om te oorkom en nogsteeds ñ sondige vlees om te beveg met ons heiligmaking!!
Maar, daarmee sal die Here in genade ook help.
Hierdie is so ñ mooi eerlike oorwinnings psalm wat ook wys dat ons steeds probleme moet bly oorkom al het die Here ons uit die huisige krisis gered!

“Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die Here!”
‭‭PSALMS‬ ‭40‬:‭17‬ ‭AFR53‬‬

Here, dankie dat U ons Help deur en oor ons huidige moerasse!
Ons sal vrolik na U hulp bly soek om deur volgendes te kom!
Maar ons vier eers saam met U nou se oorwinning deur ons gehoorsaamheid van lof aan U!
U is ons Nuwe Lied!

Archive