17 Augustus 2024

Lukas 11:33-54

Jesus die Lig van die lewe wil ons verlig deur Sy Heilige Gees!
As Sy Lig dan in en DEUR ons skyn, skyn dit nie vir ons of op ons nie!
Nee, Sy Lig in ons maak ons ligte wat JESUS moet verlig, verheerlik, en groot maak!
Dus is ons soos “spotlights” wat die Koning van die konings moet verlig.

Die Fariseërs en wetsgeleerdes het hierdie nie verstaan nie en gedink hulle skynheiligheid sal die fokus trek op hoe goed en reg hulle is!

Daarom het Jesus hulle daarop gewys dat hulle rituele reiniging niks beteken sonder ñ skoon hart nie.

Here, mag ons skoon ligte wees wat op U skyn en U bly verlig en verheerlik sonder om enige van die lig, enige van die glorie vir ons self te wil neem!
U is die Lig en die Waarheid!

Archive