19 Augustus 2024

Psalm 42

“Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!”
‭‭PSALMS‬ ‭42‬:‭2‬ ‭AFR53‬‬

Al tart mense my oor my omstandighede en sê: “Waar is God?”
Sal ek steeds op Hom vertrou, Hom steeds bly loof!
Ek sal bly smag na die Here soos n bok in die veld smag na water!

Ek hoef nie te neergedruk raak nie, want Hy IS by my:
“Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!”
‭‭PSALMS‬ ‭42‬:‭12‬ ‭AFR53‬‬

Here, my Hoop is in U en daarom is my lof vir U!
U is my Verlossing!!

Archive