20 Augustus 2024

Lukas 12:1-12

Die Here leer ons hier om oop te lewe!
Wees deursigtig in alles wat jy doen want alles sal ge-openbaar word, dit help nie om slegte geheime te probeer weg steek nie.
Leef eerder reg en openlik.

Ons is immers baie kosbaar vir die Here!
Soos Hy vir die mossies sorg, so SAL Hy ook vir ons sorg.

Ons het dus die Heilige Gees as God in ons wat ons sal leer en help in moeilike omstandighede!

Here, dankie dat ons daagliks kan bid op verskillende maniere:
“Heilige Gees Help!!”

U is die Heilige Gees!

Archive