26 Augustus 2024

Lukas 12:35-59

Wees gereed ons Here, ons Eienaar en Baas, kom terug!
Hy gaan rekenskap van elkeen van ons eis!
Hy het ons as rentmeesters aangestel op aarde en Hy sal kom oordeel of ons goed bestuur het wat aan ons toevertrou was.

Deur Jesus voluit te dien, sal jy jou ook noodwendig onderskei van mense wat Hom nie wil vereer met hulle lewens nie!
Dus sal daar dalk in jou huis, in jou vriendskap en selfs by jou werk, ongelowige mense wees wat jou teenstaan as jy soos n getroue rentmeester van God se opdragte en goed optree.

Kyk na die tye!
Die Here se koms is naby!!
Daarom is versoening eerder as veg belangrik!
Daar is nie meer tyd vir twis nie: die Here kom!

Here, help ons om in vrede en afwagting alles goed te bestuur wat U aan ons toevertrou het!
U is ons Eienaar!

Archive