28 Augustus 2024

Psalm 48

Met dankbaarheid sing die Koragiete oor die Stad van die Here wat huis is vir die Here se Tempel.
Die krag en onaanvegbaarheid van die stad is indrukwekkend.

Al word Jerusalem se naam nie hier genoem nie bly dit vir die Here en vir ons ñ belangrike geografiese plek.
Al sou die stad deur die geskiedenis 7 keer plat gemaak word en oorwin word, bly dit selfs in die tye wat kom vir die Here n sleutel-stad in Sy plan met die aarde.

Here, mag ons as kerk besef dat ons soos Jerusalem die tempel van die Here huisves:
Dit is elke gelowige wat die Heilige Gees in hulle dra!
U is die Ewige God!

Archive