29 Augustus 2024

Lukas 13:1-9

Jesus is op hoogte van die huidige plaaslike nuus!
Hy besef ook dat mense bygelowig is oor die wat deur die Romeine gedood is en selfs die 18 wat met n ongeluk saam dood is.
Die Jode van die dag het gedink daardie twee groepe mense was besonders sleg daarom het hulle so gesterf.
Maar, Jesus maak dit duidelik: daar is nie trappe van sleg en slegter vir mense nie, as jy nie tot die Here keer nie is almal ewe sleg.
Net bekeerdes word deur die Here se genade “goed” en regverdig gemaak!

Verder sê Jesus deur n gelykenis dat ons vrug behoort te dra of oordeel te wagte wees.

Here dankie dat ons bekering ons heeltemal kom red het van oordeel!
Help ons nou om in dankbaarheid vrug te dra wat wys ons is bekeer!
U is die Tuinier wat ons kom bewerk!

Archive