01 September 2024

Lukas 13:10-21

Die Here bevry ñ vrou van siekte wat haar 18 jaar lank krom getrek het!
As die sinagoge leier dan kwaad is, omdat Jesus op die Sabbatdag genees het verduidelik die Here dat elkeen sy os of donkie losmaak ook op die sabbat om water te drink: hoeveel te meer nie iemand wat 18 jaar gebind word deur satan in siekte nie!

Daarom is Sy Koninkryk soos ñ mosterdsaad: dit begin min, maar eindig magtig groot in ons lewens!
Dit is ook soos suurdeeg: Sy Koninkryk sal elke aspek van die wêreld deursuur!

Here, help ons om suurdeeg te wees wat U in alle dele van ons samelewing laat deursuur!
U is ons Geneesheer!

Archive