03 September 2024


Psalm 52

Doëg, die Edomiet het 85 ongewapende priesters doodgemaak (1 Sam 22:18-19).

Dawid profeteer hier die veroordeling van die moorde en leuens wat Doëg verkondig het (v6-7) en Doëg se uiteinde...
'God sal jou daarom vir goed afbreek Hy sal jou wegruk, jou wegskeur uit die tent; Hy sal jou uitpluk uit die land van die lewendes.'

Dit is ń waarskuwing vir ons sodat ons soos Dawid in geregtigheid moet wandel sodat ons soos ń olyfboom vrug kan dra en soos Dawid altyd die Here prys en sy hoop en vertroue in die Naam van die Here stel, want dit is goed. (v11).

Vader, in en deur Jesus staan ons in geregtigheid. Sy Naam is DÍE Naam in en op Wie ons ons hoop plaas. Weerhou en reinig ons van leuens, moord en harte van ongeregtigheid.

1 Korinthiërs 1:30-31 AFR20
[30] Deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons die wysheid geword het wat van God kom, regverdiging sowel as heiliging en bevryding. [31] Daarom, soos daar geskryf staan: *“Wie hom op iets wil beroem, moet hom beroem op die Here.”*

JESUS, U is ons regverdiging, heiliging en reiniging!
JESUS, Ons Redder!

Archive