04 September 2024

Lukas 13:22-30

Jesus wys die belangrikheid van wedergeboorte en Å„ verhouding met God uit om in die Koninkryk van God te kan ingaan.

Baie sal dink dat hulle godsdienstige bywoning van byeenkomste of vriendskappe met gelowiges of selfs om in ń godsdienstige huis gebore te word sal hulle weg oopmaak om in te gaan... maar die Here gaan sê: '...Ek het jou nie geken nie...' v27.

Wat ń voorreg en opdrag het ons nie om as wedergebôre kinders van God hierdie waarheid te kan deel met die wat nie bewus is daarvan nie.

Here, stuur daagliks mense oor ons pad vir wie ons die waarheid van U Woord kan uitwys en hulle aan U kan voorstel, sodat hulle nie Å„ ewigheid buite U teenwoordigheid waar daar Å„ geween en Å„ gekners van tande is hoef te spandeer nie.

Dankie Jesus dat U die prys betaal het.
U is ons Redder.

Archive