05 September 2024

Psalm 53

ñ Dwaas se gedagtes is gerig daarop om vernietiging te saai. Hy dink in sy hart dat daar geen God is nie.

Tog sê Dawid dat die Here die aarde deursoek om te kyk wie verstandig gaan optree.

Kies vandag om jou gedagtes te rig op die opbou en oprigting van ander. Mag hulle in jou handel en wandel sien dat daar ń God is wat geregtigheid sal laat geskied.

Here, verlig ons verstand in elke situasie dat ons paraat sal wees om nie dwaas op te tree nie, maar instumenteel wysheid bring in ons omgewing en omstandighede.

U is ons Wysheid!

Archive