06 September 2024

Psalm 54

Saul het voortdurend probeer om Dawid om die lewe te bring.
Ons beleef ook vervolging soos Dawid hier van praat, dit is deel van Christenskap.

Dawid het egter in elke teenstand en agtervolging sy oë en vertroue op die Here gehou. Hy bemoedig ons vandag na duisende jare met hierdie woorde:

PSALMS 54:6, 9 AFR83
'...Maar vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand.
...U het my uit elke benoudheid gered en my oor my vyande laat triomfeer.'

Here, vandag staan ons op met die wete dat U ons laat triomfeer en ons uit ons benoudhede red.

U is ons hulp en die Instandhouer van ons lewe!

Archive