08 September.2024

Psalm 55

Hierdie Psalm beskryf ń rebellie, verraad of ń 'power struggle' wat teen Dawid geloods was deur iemand wie hy vertrou het en met wie hy goed bevriend was.

Was jy al ooit gewikkel in ń soortgelyke situasie?
Psalms 55:22 AFR20
'Sy mond is gladder as botter, maar sy hart is die ene oorlog. Sy woorde is strelender as olie, maar dit is ontblote swaarde.'

Plaas vandag jou absolute vertroue op die Here. Mag Dawid se woorde vir jou ń fondasie word waarop jy jou bekommernis bou:
[23]  Werp jou las op die Here; Hy sal jou versorg, Hy sal nooit toelaat dat die regverdige wankel nie.

Here, U het steeds die finale sê oor ons omstandighede en uitdagings. Ander kan sê en doen wat hulle wil, maar ek staan saam met Dawid as hy sê: 'Maar ek, ek vertrou op U.'

U is ons Here en ons God!

Archive