12 September 2024

Psalm 58

Mense met gesag wat dit misbruik deur te lieg en verkeerd op te tree teenoor regverdiges was ook in Dawid se tyd ñ probleem soos wat dit vir ons is.

Dawid bid vir beskerming teen sulke mense en hulle uitsprake!
Inteendeel, hy vra dat die Here sulke mense sal verwyder sodat ons die regverdigheid van die Here kan besing!

Here, ek het soos Dawid nodig dat U namens my sal optree en ongeregtige outoriteit sal uitsorteer.
U is ons regverdige Regter!

Archive