13 September 2024

Lukas 14:26-35

Jesus praat van die prioriteite om 'n dissipel van Hom te wees!
Hy kom eerste!
Voor jou liefde vir huweliksmaat, kinders, familie, werk of goed!
As ek en jy Hom wil volg kos dit ons hele lewe:
“As jy My wil volg, moet jy alles wat vir jou baie belangrik is, laat staan. Stel dit tweede. So nie, bly dan weg! “Ek moet die belangrikste van alles in jou lewe wees. En dit is baie moeilik. Ja, dis so moeilik soos om jou eie doodsvonnis te onderteken. Om My te volg moet jy maak soos iemand wat die doodsvonnis opgelê is: jy moet jou kruis optel en agter My aanstap. As jy nie daarvoor kans sien nie, bly liewer weg.”
‭‭Lukas‬ ‭14‬:‭27‬ ‭DB‬‬

Die Here verduidelik hier dat dit soos sout is wat alles smaak gee as ons Hom so dien, maar as ons ander mense of goed voor Hom stel is dit asof ons sout onbruikbaar geword het.

Here, ons wil vir U elke dag bruikbaar wees!
Daarom is U ons Eerste liefde en fokus!
Ons leef vir U!
U is die Alfa en Omega!

Archive