15 September 2024

Psalm 60

“U beskerm almal wat by U kom wegkruip. U spaar almal wat U dien se lewe. U beskerm hulle teen hulle vyande.”
‭‭Psalms‬ ‭60‬:‭6‬ ‭

Dawid en sy mense het talle vyande gehad wat hulle omring het.
Party was vêr soos die Mesopotamiërs en ander was baie naby soos die Edomiete, maar hulle teenstand teen Israel het vir Dawid gevoel soos slegte tye wat die Here gebruik om karakter te bou in sy mense.

Daarom het Dawid konstant sy mense geleer dat die Here hulle sal red en nie mense nie!

Here, ons vertrou U vir uitkoms en herstel wanneer dit moeilik gaan met ons!
U is ons Redder!

Archive