16 September 2024

Lukas 15:1-10

Met die gekla van die hoogs heilige godsdienstige leiers oor Jesus se keuse van vriende, verduidelik Hy vir hulle dat verlorenes vir Hom belangrik is.
Soos die een skaap wat weg is, sal Hy 99 los omdat hulle gered en veilig is maar Hy sal daardie een gaan soek!
Dit is soos 'n kosbare  munstuk wat 'n vrou soek totdat sy daardie verlore geld opspoor!
En dan hou sy fees!!

Die redding van verlorenes behoort vir ons ook groot blydskap te gee, want die engele in die hemel hou fees oor elkeen wat gered word!!
Jy is immers daardie een skaap en nou deel van die 99!
Jy is die gevind muntstuk!!

Here, ons is saam met U bly oor mense wat tot bekering kom en ons maak dit ook vir ons 'n fokus om mense by U uit te bring!
U is die Goeie Herder!!

Archive