17 September 2024

Psalm 61

Daar was kere wat Dawid uit Jerusalem moes gaan en selfs in die tyd van Absolom se rebellies moes vlug uit die stad.
Dis net 'n plek, maar 'n plek waar jy aanbid en die Here aanroep raak vir jou kosbaar!

Dawid smag na verdere tye in die Tent van die Here en in aanbidding voor Hom.
Dawid soos ons sê:
“Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.”
‭‭PSALMS‬ ‭61‬:‭4‬ ‭AFR53‬‬

Dis die Here wat ons omvou en beskerm: nie die plek nie!
Nogtans wil Dawid sy geloftes in Jerusalem gaan betaal maw hy wil in sy eie plek aanbid.

Here, ek het 'n begeerte om in my eie land en in ons eie kerkgebou U te bly aanbid!
U is die Rots waarop ons staan!

Archive