19 September 2024

Lukas 15:11-32

Die gelykenis van die verlore seun openbaar die Here se hart oor die verlorenes en die wat Hom uit gewoonte dien.
Die seun wat weg gaan en in sonde alles verloor en terug kom met 'n gebroke hart, spreek van elkeen van ons wat deur genade gered is!

Die seun wat uit die veld uit kom en nie die partytjie verstaan nie, is soos die van ons wat die Here dien en dan verontwaardig is oor die sondaars wat gered word en vrygeskeld word. Dit is die kerkmense wat veroordelend neerkyk op die wat pas vir Jesus gekies het.

Here, dankie dat U die genadevolle Vader is wat ons tegemoet hardloop en ons red en herstel!
U is die Vader van die verlorenes en die oudste seuns in elke kerk!

Archive