22 September 2024

Lukas 16

Jesus leer Sy dissipels dat jy nie God en Mammon (geld) gelyk kan dien nie.
M.a.w, jy moet die Here prioritiseer bo werk en geldmaak en dit nie najaag asof dit 'n afgod is nie.

Hy begin die gedeelte met 'n snaakse vergelyking: een wat bedrog aanprys as jy 'n "Mammon volgeling" is.
Maar eintlik wil Jesus vir ons wat Hom volg sê:
“Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.”
‭‭LUKAS‬ ‭16‬:‭10‬ ‭AFR83‬‬

Here, ons wil U betroubaar dien, in die kleinste take en dissiplines wil ons aan U getrou bly!
U is "Meer-as-genoeg"!!

Archive