23 September 2024

Psalm 65

Dawid sing oor hoe die hele natuur die Here se Almag besig!

In Israel waar mense plant en oes en tussentyd die Here vertrou vir reën en groei, loof selfs die oeste en die landerye die Here saam met dankbare harte van mense wat gevoer word deur die wonderwerk!

Ek is "Welgeluksalig!"
Wel- dit gaan goed met my liggaam
Geluk- ek is in my siel gelukkig!
Salig- ek is gered en my gees beleef vrede met God!

Dankie dat ons nou met U reg kan staan!
“Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.”
‭‭PSALMS‬ ‭65‬:‭4‬ ‭
U is ons Versorger!

Archive