24 September 2024

Psalm 66

Die Psalmdigter moedig volke en nasies aan om ook die Here te dien wat ons dien ten spyte van moeilike tye wat oor jou pad kom.

In die uitdagings van die lewe is die Here steeds daar om uitkoms te gee: soos toe Hy die volk droogvoets deur die see en die Jordaan laat trek het.

Die Here is sterk en doen wonderwerke!
Kom ons bly Hom aanbid!!

“Nou prys ek vir God. Hy het geluister na my gebed, Hy het gedoen wat Hy belowe het.”
‭‭Psalms‬ ‭66‬:‭20‬ ‭

Here, Dankie dat U getrou is en doen wat U beloof!
U is die Waar maker van U woord!

Archive