28 September 2024

Lukas 16:19-31

Met die vergelyking van Lasarus en die ryk  man verduidelik Jesus ook vir ons iets van die "doderyk".
In die doderyk was daar 2 afdelings waarna mense voor die opstanding van Jesus heen gegaan het as hulle gesterf het.
Daar was Hades of hel waarheen die ongeregtige soos die ryk man gegaan het.
En dan was daar die Paradys (of Abraham se bors) waarheen regverdige gelowiges van die Ou testament gegaan het.
In die 3 dae in die graf het Jesus aan beide kante die evangelie gaan preek en die aan die paradys kant bevry, en hemel toe laat gaan.
Die Paradys is dus leeg en wanneer ons as gelowiges sterf gaan ons nou hemel toe.
Die hel (Hades) bly egter nog die bestemming van die wat teen God kies en die demone en Satan self.
Jesus verduidelik dus hier: as jou keuse op aarde gemaak word vir of teen die Here, bly jou bestemming na aanleiding van jou keuse.
Jou keuse oor verhouding met die Here word deur die skrif (ou testament - Moses en die profete) en nuwe testament ( die opstanding) aan ons geopenbaar!

“Hy het egter vir hom gesê, ‘As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle selfs as iemand uit die dood opstaan, nie oortuig word nie.’ ””
‭‭Lukas‬ ‭16‬:‭31‬ ‭AFR20‬‬

Here, dankie dat U die dood oorwin het en ons in U mag glo
U is die Opstanding!

Archive