01 Oktober 2024

Lukas 17:1-10

Jesus sê aan Sy dissipels en aan ons dat versoeking onvermydelik is.
Ons moet egter nie die persoon wees wat ander versoek nie!
Die dood sal beter wees as wat ons ander versoek!

Nee, vergewe eerder mekaar oor en oor.
Vra ook in berou vergifnis!
Die dissipels antwoord toe hierop dat hulle meer geloof moet hê!

Jesus sê toe hulle (en ons) moet nie "entitled" wees nie!
Ons is net slawe van die Here! Ons is op niks geregtig nie!
Ons kan op niks aanspraak maak nie!
Ons is uit genade gered, daarom moet ons bly vergewe!

Here, help ons om geloof soos 'n mostertsaadjie te hê sodat ons vir die berg van versoeking, dit is veral onvergewings-gesindheid, kan sê skuif uit my lewe uit!
U is die Een wat ons vergewe!

Archive