03 Oktober 2024

Psalm 72

Gister was die Fees van Trompette!
Dit verwys na die oorwinning van die Here!
Ons gemeente het 'n profetiese woord dat die Here vir ons "die mure sal herstel" in 52 dae (soos Jerusalem se mure herbou was in 52 dae) en gister was die 52ste dag nadat die profesie gebring is!
Gister het die Here vir LWC oorwinning aangekondig!!
Hy is getrou!!!!!

Dit is soos Salomo hier in die psalm sing!
Die Here beslis en Hy verlos!!
Soos Salomo besef ons ons absolute afhanklikheid van die Here terdeƫ!!!

Here, U bepaal die tye elke dag en oomblik is in U hande!
U is die Een wat ons vry maak!!
U is die luisterryke Koning!!

Archive