04 Oktober 2024

Lukas 17:11-19

Jesus genees 10 melaatses.
Hulle vra om huip van Jesus van vêr af want hulle is onrein.
Hy genees hulle nie dadelik nie, maar met Sy opdrag dat hulle hul self vir die priesters moet gaan wys, word al 10 genees soos wat hulle  na Jerusalem op pad is.
Melaats was ongeneeslik en fataal.
Dis dalk hoekom die Samaritaan onder hulle om gedraai het en die Here gaan bedank het!
Was die ander 9 dalk te oorbluf met hulle genesing en die rituele reiniging dat hulle van Jesus vergeet het?

Maar, die Samaritaan ontvang nie net genesing nie, maar ook verlossing omdat hy besef dankie sê is belangriker as gebruike en rituele.

Here, ons verhouding met U is baie belangriker as godsdiens!
U is ons Geneesheer!

Archive