05 Oktober 2024

Psalm 73

“Maar wat my betref, die nabyheid van God is vir my goed. Ek het my Heer, die Here, my skuilplek gemaak, sodat ek van al u werk kan vertel.”
‭‭Psalms‬ ‭73‬:‭28‬ ‭AFR20‬‬

Asaf besing die Here se goedheid, maar besef hoe om goddeloses te beny vir hulle maklike en "vet" lewe, hom amper tot struikeling gebring het.

Maar, die regterhand van die Here hou ons vas!

Dankie Here dat ons uit die psalms leer:
U veg vir ons!
Die goddeloses sal hul oordeel kry!
U beskerm ons!
En ons omstandighede is nie die finale antwoord op U goedheid  nie!

U is die Allerhoogste!

Archive