08 Oktober 2024

Psalm 75

Die Here is die Een wat ons ophef!
Ons hoef ons nie hoogmoedig verhef bo ander mense nie!
Moenie te veel van jouself dink nie! (Rom. 12:3)

Om nederig op die Here te wag om ons op die regte tyd op te lig, sodat Hy ons kan gebruik, is wat elkeen van ons wat Hom liefhet moet doen!

“Ons prys U, o God, ons prys U; u Naam is naby. Mense vertel van u wonderwerke.”
‭‭Psalms‬ ‭75‬:‭2‬ ‭AFR20‬‬

Here, U tydsberekening van uitkoms is ook 'n wonderwerk!
U is die Regter wat ons verhef!

Archive