09 Oktober 2024

Psalm 76

Hierdie Asaf psalm beskryf die Here as "Ontsagwekkend"!

Hy moet gevrees word!
Weermagte met hulle beste wapentuig hou nie stand teen Hom nie en Hy beheer die natuur!
Trotse en ryk regeerders moet ook buig en vrees hê vir God!

Here, help ons om te sien dat U gevrees, geëer en verhef moet word!
U is nie ons maatjie nie! U is die Lewendige, Almagtige God voor wie ons buig in nederige afhanklikheid!
U is die Ontsagwekkende!

Archive