10 Oktober 2024

Lukas 18:1-8

Wanneer jy bid, hou aan bid!
Soos 'n weduwee wat nie 'n regter wil los nie en aanhou, klop om haar saak aan te hoor so moet ek en jy aanhou om die Here te vra in gebed!
Moenie moedeloos word nie maar bid met geloof!
“Dit is waar: Mense wat in God glo, is baie seker dat God die dinge sal doen wat hulle hoop. Geloof is 'n bewys van die dinge wat 'n mens nie kan sien nie.”
‭‭Hebreërs‬ ‭11‬:‭1‬ ‭ABA‬‬

Here, ons wil met geloof aanhoudend ons gebede voor U bring en U vra vir hulp!
U is 'n liefdevolle en regverdige Regter!

Archive