12 Oktober 2024

Psalm 78

Ons moet ons kinders leer van die Here!
Ons moet hulle so vertel van wat Hy vir ons gedoen het, dat hulle ook hulle kinders sal vertel!

Asaf lê die geskiedenis van Israel uit en gee so vir die mense van sy tyd 'n opsomming van wie Israel is en wat die Here vir hulle gedoen het.  

Vertel weer vandag vir die volgende generasie wie die Here is vir jou en wat Hy vir jou gedoen het!
Vertel van Sy Roemryke dade!!

Here, ons het U so lief dat ons aanhou sal vertel wie U is en wat U vir ons doen!
Mag ons kinders en hulle kinders U ook dien!
U is die Vader van generasie!

Archive