14 Oktober 2024

Psalm 79

Genade!
Die volk pleit om genade nadat die Babeloniërs die stad Jerusalem omsingel en geplunder het.
Die Tempel is verwoes en baie mense vermoor en boonop is die res van die volk in ballingskap weggevoer.

Nou vra die Psalmdigter dat die Here die straf eerder oor die vyande van Juda sal uitgiet as oor hulle, want die Naam van die Here is immers oor Israel en Jerusalem!
Egte berou word bely oor Israel se sonde.

Here, U is die Een wat vir ewig geloof moet word!
Van geslag tot geslag!
U is ons Herder!

Archive