28 Oktober 2024

Lukas 19:28-44

Jesus ry op ñ jong donkie vul Jerusalem binne!
Hierdie triomfanklike in ry in die Dawidstad in word fyn beplan deur Jesus!
Dan kan die mense nie anders as om in afwagting vir die Messias Hom te loof nie:
“Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!””
‭‭LUKAS‬ ‭19‬:‭38‬ ‭AFR83‬‬

Selfs as die godsdienstige Fariseërs wil kla verduidelik Jesus dat die klippe sal uitroepe as die mense Hom nie loof nie!

Here, ons wil U loof met Hosanna in die hemel!
Mag U vrede op aarde heers!
U is ons Koning!

Archive