31 Oktober 2024

Lukas 19:45-48

Na Jesus se Triomfantelike intog in Jerusalem in, het Hy die Tempel Sy basis van prediking gemaak vir die laaste week voor Sy kruisiging.

Jesus jaag vir 'n 2de keer handelaars uit die Tempel terrein uit.
Hulle het die gedeelte wat bedoel was vir ander nasies in 'n mark verander want daar was nie ander nasies wat wou tempel toe kom nie!
Die Jode se arrogansie het ander mense weggehou, maar die Here se plan was dat Sy huis 'n plek van gebed sou wees vir alle nasies!

“...hulle offers op my altaar sal vir My aanneemlik wees, want my tempel sal uitgeroep word tot 'n huis van gebed vir al die volke.”
‭‭JESAJA‬ ‭56‬:‭7‬ ‭AFR83‬‬

Here, ons besef ons moet U goeie nuus aan al die nasies verkondig!
Help ons om die verlore nasies raak te sien en hulle te bereik!
U is die Redder van almal!

Archive