12 November 2024

Lukas 20:41-47

Jesus bevestig Sy Koningskap asook Sy Goddelikheid deur te sê Dawid het oor Hom gepraat!
Hy is dus die Christus, Messias, die langverwagte Koning uit die geslagslyn van Dawid!

Hy het dus rede tot hoogmoed gehad en nogtans was Hy nederig.
Daarom waarsku Jesus die mense voor die skrifgeleerdes teen hulle hoogmoed!
Nie net is hulle verwaand nie maar steel ook armes se geld deur hulle te manupileer.

Here U sê herhaaldelik dat leiers strenger geoordeel gaan word.
Here help ons om in absolute nederigheid en eerlikheid U te dien en mense te lei!
U is die Seun van Dawid!

Archive