15 November 2024

Lukas 21:1-19

As Jesus in Sy week voor die kruisiging in die Tempel mense leer, hou Hy ook dop hoe en wat hulle gee.
Na aanleiding van 'n arm weduwee se min maar dog baie gee, leer Hy die mense dat hoeveel reg is om te gee hang van elkeen van ons se hartsgesindheid af as ons gee!

Daarna praat Jesus oor die eindtye en dat Sy Gees ons sal bystaan ter verdediging van wat ons moet sê!
Hy begin egter deur die Tempel, waarmee almal beïndruk was, sê vernietiging 40 jaar later te profeteer.

Daar het toe nie een klip op 'n ander oorgebly nie, want met die oorname van Jerusalem het die Romeinse soldate die Tempel aan die brand gesteek, die goud beslag het tussen die klippe in gesmelt en die soldate het vir hulle oorlogsbuit elke klip van mekaar af gekap.

Here elke woord van U word waar al verstaan ons nie hoe dit  gebeur nie!
U is ons Verlosser en Helper as ons ook vervolg word!

Archive