23 April 2024

2 Samuel 7


Dawid maak sy begeerte om vir die Here n “huis” te bou, 'n tempel, bekend aan Natan die profeet.
Na 'n aanvanklike positiewe antwoord gaan Natan terug die volgende dag, en sê aan koning Dawid dat die Here sy, Dawid, se huis sal bou en sy nageslag sal seën en dat daar vir ewig 'n Koning sal wees op sy troon.
Die Here het verder vir Dawid gesê, dat sy seun die tempel sal bou na Dawid se dood.

Here, U antwoord ons soms anders as wat ons verwag en dan weet ons U is in beheer en nie ons nie!
U is Koning!

Archive

 2024