24 April 2024

Rigters 2

Die geestlike op en af van Israel word in die hoofstuk mooi beskryf. Dit was in die tyd van die Rigters nog meer so, dat daar goeie geestlike tye was as daar 'n leier oor Israel was en dan sonder 'n leier het dit sleg gegaan, meestal as gevolg van afgodery.
Nadat Josua en die geslag wat die wonders van die woestyn en Jerigo beleef het gesterf het, het 'n nuwe geslag soos die volke om hulle aan agode begin offer en nie op die Here gefokus nie.
Dit is die volke wat die Here juis wou uitdelg oor hulle bose afgods lewe, nou leef hulle om Israel, omdat hulle nie totaal oorwin was soos die Here die volk beveel het om te doen nie.

Here, ongehoorsaamheid in ons lewens het latere gevolge wat sleg is en baie keer blameer ons U vir ons slegte situasies.
U is Getrou

Archive

 2024