19 November 2024

Psalm 103

Dawid begin deur sy eie siel opdrag te gee dat hy die Here moet loof en hy eindig die psalm dat die hele skepping Hom moet prys!

Dit lyk asof Dawid nuwe testament genade verstaan as hy hier beskryf hoe die Here ons vergewe en vryspreek ten spyte van ons sonde en skuld!

Hy maak ons nuut sodat ons vlekkeloos in Sy Troonkamer kan ingaan!

Here U herstel selfs ons krag om weer jonk te wees en kragtig soos arende!

Dankie vir die mooi psalm Here want dit verduidelik vir ons onverdiende vryspraak!
U is 'n Genadevolle Vader!!

Archive

 2024