16 April 2025

Genesis 25:19-34

Ons leer van Jakob en Esau se geboorte!
Eers was Rebekka onvrugbaar en nadat Isak vir haar gebid het, gee sy 20 jaar na hulle troue geboorte aan die tweeling.
Esau was harig en Jakob was so genoem omdat hy aan sy broer se hakskeen vasgehou het met geboorte.

Esau heg egter nie waarde aan sy eersgebore reg nie en verkwansel dit na 'n harde dag in die veld vir Rooi sop.
Sy volk sou Edom (Rooi) genoem word.
Die Edomiete sou altyd onderdanig bly aan die Israeliete.

Here U bepaal ons toekoms!
U is ons Rigting-Aanwyser!

Archive

 2025