17 April 2025

2 Korintiërs 2:1- 17

Paulus sê aan die Korintiërs dat hy nie die hele tyd met hulle wil kwaai wees nie.
Nee in stede van bedroef en kwaad wil hy opgewek en positief wees as hy met die gemeente kuier.
Dit begin egter by vergifnis en vryspraak met die mense in die kerk wat gesondig het en jammer is daaroor!

Loop saam met sulkes 'n pad van vreugde!
“Want ons is 'n aangename geur van Christus aan God, vir dié wat verlos word,...–”
‭‭2 Korinthiërs‬ ‭2‬:‭15‬ ‭AFR20‬‬

Here mag ons opgewondenheid met mense en ons vreugde saam met hulle aansteeklik wees, mag dit lekker ruik voor U?!
U is die Vredemaker!

Archive

 2025