19 April 2025

Genesis 26

Isak maak net soos sy pa 2 keer gedoen het.
In 'n vreemde land noem hy sy mooi vrou, sy suster!
Abimeleg die koning vang hom uit, maar in stede van straf vir sy leuen, beskerm hy die paartjie en word hulle baie voorspoedig en ryk.

As Isak daar wegtrek grou hy weer die ou opgestopte putte oop wat sy pa gegrou het en voorsien elke keer weer vir die mense om hulle wat in hongersnood was.

So trek hy verder suid tot by Beersheba en daar bly hy.

Here dankie dat U ons seën om vir ander 'n seën te kan wees!
Dankie dat U vir ons plek maak!
U is ons Plekmaker!
Ons Bouer van 'n huis!

Archive

 2025